Operasie Totalize

Operasie Totalize
Deel van Operasie Overlord

'n Cromwell tenk en jeep ry verby 'n verlate Duitse Pak 43/41 anti-tenk geweer tydens Operasie Totalize, 8 Augustus 1944.
Datum 8–13 Augustus 1944
Ligging Normandië, Frankryk
Resultaat Gedeeltelike Geallieerde sukses
Strydende partye
Vlag van Kanada Kanada
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vlag van Pole Pole
Vlag van Nazi-Duitsland Nazi-Duitsland
Bevelvoerders
Vlag van Kanada Guy Simonds Vlag van Nazi-Duitsland Kurt Meyer
Sterkte
85 000 mans[1]
2 000 vliegtuie[1]
720 artillerie stukke[1]
3 infanterie-divisies,
2 gepantserde divisies,
2 gepantserde brigades
3 infanterie-divisies,
1 SS tenkdivisie,
1 swaar tenkbataljon
Ten minste 74 tenks[2]
Ongevalle
Ten minste 1 256 gesneuweldes
146+ tenks
3 000 gesneuweldes
Ten minste 45 tenks[3]

Operasie Totalize (ook gespel "Operasie Totalise" in meer onlangse Britse bronne) was 'n aanval van die Geallieerde magte van die First Canadian Army gedurende die laaste fases van Operasie Overlord van 8 tot 13 Augustus 1944. Die bedoeling was om deur die Duitse verdediging te breek suid van Caen op die oostelike flank van die Geallieerde posisie in Normandië en om die sukses te benut en suidwaarts te beweeg om die hoërliggende gebied te wen noord van die stad Falaise. Die algehele doel was om die ineenstorting van die hele Duitse front te bespoedig en om die retirerende Duitse magte af te sny wat verder wes teen die Amerikaanse en Britse magte geveg het. Die veldslag word beskou as die intree operasie van die Kanadese Weermag wat amptelik aktief geword het op 23 Julie.[4]

In die vroeë ure van 8 Augustus 1944 het II Canadian Corps 'n aanval geloods waarin hulle gemeganiseerde infanterie gebruik het. Hulle het deur die Duitse front linies gebreek en belangrike posisies ingeneem wat diep binne die Duitse verdediging was. Die bedoeling was dat twee nuwe gewapende afdelings die geveg sou voortsit maar die betreklik onervare afdelings het gehuiwer en die Duitsers se gewapende teenaanvalle het die offensief vertraag. Nadat hulle 9 myl (14 km) gevorder het, is die Geallieerdes 7 myl (11 km) noord van Falaise gestuit en gedwing om 'n nuwe aanval te beplan.[3]

  1. 1,0 1,1 1,2 Hart, bl. 23
  2. Hart, bl. 32
  3. 3,0 3,1 Wilmot, bl. 414
  4. Bercuson, bl. 229

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search